www.getaway.co.za | Features

Translate

Bolandse Wynmakerstoer

Bolandse Wynmakerstoer

Travel Appointment is baie beindruk met die volgende wynkursus wat oor twee dae in die Boland aangebied word:

Dag 1

Arriveer Kaapstad Internasionale Lughawe.

Bussie neem u na Harry's  Restaurant tussen die Shiraz wingerdstokke op 'n wynlandgoed in die Paarl.

Verwelkomingsdrankies en program bespreking deur Francois en Lars van Morgan's Wine.

Na middagete leer u meer oor die druifstok, die verskillende variëtiete en hoe belangrik die grond en mikroklimaat vir die maak van goeie wyn is.

Die verskille in die “Terroir” van die Paarl, Stellenbosch, Franchhoek en Swartland word behandel en hoekom sekere druifsoorte en wyne beter aanpas by die verskillende mikro-klimate en terroirs.

Na die proe van ‘n paar wyne om die verskille te ervaar besoek ons die wingerde om meer te leer oor die groeiproses en onderhoud van die wingerdstok en die invloed wat dit op die wyn het.

Met aandete geniet ons Sjef Harry se lynvis met dille en  vlokaartappel dis in 'n witwyn sous en lekker smaaklik voorbereide groente of Harry se Gourmet Bief fillet burger met gerookte spek, uie, kaas, knoffel sampioene, skyfies en vars slaaie.

Ons leer koekom sekere wyne saam met sekere disse bedien moet word en hoe die twee mekaar aanvul.

Oornag Wynlandgoed.

Dag 2. 

Na ontbyt gaan ons na Slaley Landgoed in die Stellenbosch distrik. 

Die wynmaker  verduidelik en wys ons hoe die sap van die druif gepars word en laat ons ook proe hoe die jong wyne in die vate proe en die prosesse wat dit deurgaan voordat dit gebottel word.

Na 'n lekker kaas en kouevleis vingertete - saam met die wonderlike wyne van die Boland natuurlik - vertrek ons na die wêreldbekende La Motte Landgoed in die Franchhoek distrik. In die pragtige proelokaal en kelder leer ons meer oor hoe lank wyn in vate bly en die hele versnit proses.
Behalwe vir die proe van die wêreld bekroonde wyne van die landgoed, waag ons self om wyne te meng en te versny tot dit volmaak smaak!!!

Ons leer ook meer oor die manier wat wyn in Suid-Afrika gemaak word asook die ooreenkomste en verskille met die wyne van ander wereldstede.

Oornag Wynlandgoed

Dag 3.

Na ontbyt vertrek ons na  die Kaapstadse Internasionale Lughawe.


Meer inligting: andre.te@galileosa.co.za


Info: andre.te@galileosa.co.za

Südafrika
(Auf Deutsch können Sie mit uns bei Telefonnummer +27 82 576 65 99 sprechen)

Sudáfrica
(Ustedes pueden hablar en Castellana con Federico que tiene teléfono numero +27 21 576 65 99)