www.getaway.co.za | Features

Translate

Wyntoer na Chili en Argentinië:

Wyntoer na Chili en Argentinië: 

Sondag 17 Okt

Vlug na Buenos Aires in Argentinië.

Namiddag arriveer ons in Buenos Aires internasionale lughawe en neem die koppelvlug na Santiago in Chili.

Santiago is deur die Spaanse kolonialis Pedro de Valdivia in 1541 gestig. Valdivia het op die plek besluit, omrede dit 'n aangename klimaat het, genoeg weiding vir die diere en ook het die vloei van die Mapocho rivier die beskerming van die Spaanse kolonialiste teen die Inka leier, Manco Capac II vergemaklik.

Oornag Hotel Principado de Asturias Santiago

Maandag 18 Okt

Na ontbyt vertrek ons na een van die mees bekende wynproduserende valleie naamlik die Colchagua Vallei.

Ons besoek drie wynkelders vir keldertoere en wynproe: Viña Casa Silva, ViñaClos de Apalta Lapastolle en Viña Montes. (Sien aanhangsel oor wyn landgoed)

Middagete word genuttig by Viña Montes.

Na ontbyt vertrek ons na Valparaiso en Viña in die wynstreek van die Casa Blanca Vallei.

Ons besoek die wynlandgoedere van Viña Emiliana en Viña Loma Larga waar ons keldertoere doen en hulle wyne proe. 

Ons middagete word geniet by Viña Emiliana se lekker restaurant.

Oornag Hotel Principado de Asturias Santiago

Dinsdag 19 Okt

Na ontbyt vertrek ons na Valparaiso en Viña in die wynstreek van die Casa Blanca Vallei.

Ons besoek die wynlandgoedere van Viña Emiliana en Viña Loma Larga waar ons keldertoere doen en hulle wyne proe. (Sie aanhangsel oor wynlandgoed)

Ons middagete word geniet by Viña Emiliana se lekker restaurant.

Oornag Hotel Principado de Asturias in Santiago.

Woensdag 20 Okt

Na ontbyt vertrek ons na die lughawe ons vlug na die grootste en belangrikste wynstreek in Argentinië, Mendoza.

Tydens die vlug van Santiago in Chili na Mendoza in Argentië, kan jy die enormiteit van die Andesberge in oënskou neem wat die lengte van die Suid-Amerikaanse kontinent van Noord tot Suid span en ongeveer 7000km lank is. Die bergreeks se breedte strek oor 'n area van tussen 200 en 700 km en is omtrent 4000m hoog. In die winter is daar wonderlike ski areas en in die somer verskaf die sneeupieke kabbelende strome wat die landerye en wingerde aan die voet van die berg voed.

Mendoza is geleë in die Weste van Argentinië  aan die voet van die Andesgebergte. Alhoewel die klimaat in Mendoza gematig tot warm is, is die pieke van die Andesberge normaalweg vir die meerderheid van die jaar met sneeu bedek.

Tydens die middag doen ons 'n stadstoer van Mendoza en besoek ook die 420 hektaar Generaal San Martin Park met al sy natuurskoon en ontspanningsgeriewe.

Oornag Hotel Cervantes.

Donderdag 21 Okt

Na ontbyt vertrek ons op 'n daglange toer met 'n Engelsprekende gids om die wyn en gastronomie van Mendoza te ervaar.

Ons eerste stop is by die Familia Zuccardi Wynlandgoed so 60km buite Mendoza. Op hierdie pragtige landgoed doen ons 'n keldertoer en leer meer van die druifsoorte wat hier gebruik word om Argentynse wyne te maak. In die proelokaal proe ons ook Argentinië se weergawe van Port Wyn en hulle Malbec variëteite.

Die Zuccardi familie is goed bekend met die Stellenbosch omgewing en Suid-Afrika se wyne en dit is interessant om hulle opinies oor die verskillende style te kry.

Hierna besoek ons Salentein landgoed vir nog wynproe en eindig by Andeluna landgoed waar ons middagete gaan nuttig. (Sie aanhangsel oor wynlandgoed)

Na al die wynproe en nuwe kennis kan ons 'n rustige aand by een van die vele straat restaurante van Mendoza geniet.

Oornag Hotel Cervantes

 Vrydag 22 Okt

Na ontbyt vertrek ons na die lughawe vir ons vlug na die hoofstad van Argentinië, Buenos Aires.

Na ons, ons bagasie by die hotel in die boomryke Ricoletta afgelaai en bietjie ontspan het, doen  ons ‘n stadstoer om dié polsende stad te verken. Veral die inkopielaan van Florida is 'n koperservaring. Kyk solank na al die pragtige leerartikels sodat jy weet wat om waar te koop as ons later weer hier verbykom.

Oornag: Hotel Las Americas

Saterdag 23 Okt

Vandag kan jy die strate en geboue van Buenos Aires op jou eie verken of ‘n opsionele toer na die Tigre Delta neem vir ‘n bootrit en middagete.

Die aand geniet ons ‘n smeulende Tango opvoering en aandete.

Sondag 24 Okt

Vanoggend ervaar ons die straat- en kunsmark van San Telmo waar jy al jou geskenke kan koop.

Namiddag vertrek ons na die internasionale vlug vir ons vlug na Suid-Afrika.

Verleng jou wyntoer om die volgende te doen:

Iguazu Valle, of vaar op die diepblou mere tussen Argentinië en Chili, besoek die gletsers in die Suide van Argentinië en doen ‘n interaktiewe wynkursus in Stellenbosch.

Meer inligting oor die wynplase en kelders wat ons besoek:

Viña Casa Silva Estate Cellar Tour & Tasting

In 1892, Emilio Bouchon - fresh from Bordeaux - established the first wine cellar in Chile's Colchagua (pronounced kohl-CHOW-ah) Valley. Five generations later his descendents, the Silva family, produce award-winning handcrafted wines from vines he planted. 

The family is also passionate about equestrian sports – and has a rodeo stadium and polo ground on their estate set amongst the vineyards with the Andes Mountains as a backdrop.

Viña Clos de Apalta Lapostolle Estate Cellar Tour & Tasting
Lapostolle, the family-owned producer of premium Chilean wine, is well known for its state-of-the-art gravity-fed Winery & Lapostolle Residence, dedicated solely to the production of its flagship wine Clos Apalta.
This premium cuvée, a blend of Merlot, Carmenère and Cabernet Sauvignon, Petit Verdot, has won a number of international awards and accolades.
Viña Montes Estate Cellar Tour, Tasting & Luch

Montes Alpha Cabernet Sauvignon 1987, became the first ever premium Chilean export wine.

Other wines followed the Montes Alpha range: a Chardonnay, Merlot and a Syrah.

Casa Blanca Valley

The Casablanca Valley is the discovery of the last decade and today it is one of the fastest growing areas for viticulture in Chile.

Viña Emiliana Estate Wine Tasting & Lunch

The first vineyard to produce wines exclusively from organically grown grapes, Viña Orgánicos Emiliana is one of the most recent additions to the Chilean wine industry.

Viña Loma Larga Estate Cellar Tour & Wine Tasting

Familia Zuccardi Estate Cellar Tour & Wine Tasting

The Familia Zuccardi Estate is about 60 kms outside of Mendoza. On this estate we learn more about the different varieties of grapes that are used to make wines. During the tasting session we will have the chance to taste Zuccardi's versions of port and champagne.

Bodegas Salentein Cellar Tour & Wine Tasting

Literally at the foot of the Andes, Bodegas Salentein is situated in a prime location, at more than 1.200 metres above sea level, surrounded by the estate's vineyards. The winery, unique in the region, is built in the shape of a cross.

Bodegas Salentein grows Pinot Noir in Finca San Pablo, reliving that old great deed with a forward-looking approach and the aim of making a worldwide wine with a remarkable origin.

Andeluna  Cellar Tour & Lunch

Set among the foothills of the Andes, Andeluna Cellars is a remarkably beautiful place to behold. Visitors enjoy spectacular views of the surrounding areas, and dine on deliciously authentic Argentine cuisine created in our restaurant-style kitchens and served in our elegant dining facilities. 

Visitors can taste several of the wines of Andeluna Cellars, most notably the Andeluna Malbec and the Reserve Malbec, made from Argentina's signature grape. They may also have an opportunity to enjoy our other varietals such as classic Cabernet Sauvignon, rich Merlot, refreshing Chardonnay, aromatic Torrontes, Grand Reserve Cabernet Franc, and our exclusive Grand Reserve Bordeaux-style blend, Pasionado.

Wyntoer, Chili, Argentinië