www.getaway.co.za | Features

Translate

Antieke en Moderne Portugal

Antieke en Moderne Portugal: Begeleide Toer: 23 Sep – 1 Okt 09

 

Portugal is baie bekend vir sy moderne hoofstad Lissabon en suidelike kusstreke met sy pragtige strande in die Algarve. 

 

Portugal is egter veel meer as die besige hawestad van Lissabon en geel strande van die suide. Die doel van ons begeleide toer is juis om mense op 'n interessante ontdekkingsreis te neem om die kultuur, kos en lewenswyse asook geskiedenis van Portugal te ervaar.

 

Die toer  gee gaste blootstelling aan die belangrike stede van Lissabon en Porto, maar spandeer ook tyd aan die pragtige hartland van die "ware" Portugal. Portugal kan net waardeer word as jy tyd in sy klipstrate, wandelgange, winkeltjies en lekker restaurante en koffiewinkels deurbring.

 

Die binnelandse provinsie van Alentejo en die noordelike streke van Porto en Norte bied pragtige geheimenisse wat vir die ondersoekende toeris aangename verassings oplewer.

 

Gastronomies sal jy bederf word. Vele kusdorpies bedien tradisionele groot sardiens wat oor die kole gebraai word asook  seekos wat watertand lekker en vars voorberei word. Kaas en ham uit die berge pas perfek by die beste Portwyne wat jy in die Porto en Douro areas sal geniet.                                                   

 

Tradisie is die beste beskrywing vir Portugal. Dorpe in die platteland neem jou terug na die Portugal van 500 jaar gelede met al sy Moorse en Katolieke paleise, kastele en katedrale en selfs die Romeinse ruïnes staan nog vors. Mans wat buite kroegies sit en kaartspeel en vrouens wat al pratende hulle voorstoepe vee is 'n bekende gesig wat baie karaktervol van hierdie land is.

 

Dag Een: 23 Sep 09

 

Ons toer begin in die hoofstad Lissabon.

 

Hierdie eeue oue hawestad, wat so 'n belangrike rol in die geskiedenis van Europa en ons eie met die ontdekkings reisigers soos Vasco da Gama en Bartolomeu Dias gespeel het, lê aan die mond van Tagus Rivier. Die stad is  bekend vir sy lang hangbrûe oor die rivier, sy groot tuine, breë boulevards en pragtige tradisionele geboue.

 

Aandete en oornag in Don Carlos Park Hotel

 

Dag Twee:  24 Sep 09

 

Museum Dorp Evora

 

Na ontbyt vertrek ons in 'n oostelike rigting van Evora. In hierdie "Museum Dorp" kan jy van Europa se mees outentieke Romeinse geboue, wat uit  die Eerste Eeu dateer, bewonder. Spandeer die middag om die karaktervolle klipsteenstrate, pleine en tipiese restaurante te ervaar.

 

Aandete en oornag in die Hotel Don Fernando in Evora.

 

Dag Drie: 25 Sep 09

 

Castelo de Vide en Tomar

 

Nuttig ontbyt in die hotel. Daarna vertrek die toer in 'n noordelike rigting tot by die klein dorpie Castelo de Vide aan die grens met Spanje met sy sogenaamde "Joodse Kwartiere" en wit huisies.

 

Dan verder wes tot by Tomar op die oewers van die Nabao Rivier waar 'n   gefortifiseerde kasteel in die jaar 1160 gebou is. Na besigtiging van hierdie geskiedkundige plek se winkeltjies met al die snuisterye, ry die toer noord na die Universiteitsdorp van Coimbra.

 

Aandete en oornag in die Hotel Don Luis in Coimbra.

 

Dag Vier: 26 Sep 09:

 

Universiteits Dorp Coimbra

 

Eers ontbyt en daarna spandeer die groep tyd in een van Europa se oudste universiteitsdorpe,  Coimbra. Die dorp is geleë langs die Mondego rivier. Die strate is vol van plekke met wonderlike kunswerke, monumente, historiese geboue, winkels en lekker koffiedrink plekke. Mooi lanings met bome en bankies gee mens kans om die plek rustig te verken.

 

Waar Spanje sy Flamenco en Sevillaanse Sigeuner musiek het, het Portugal sy Fado. Fado is 'n baie tipiese belade musiek en sang. Coimbra Fado kan uitgeken word aan die staalsnare van die tipe kitaar of banjo wat gebruik word. Studente sangers in hulle formele drag loop saans van restaurant tot restaurant en probeer die luisteraars te oortuig dat hulle die mees tradisionele Fado kan speel.

 

Dan verder verby die Nasionale Park van Bussaco tot in Porto. Porto is wêreld bekend vir sy Portwyne. Die stad is 'n mengsel van moderne infrastruktuur en tradisionele argitektuur uit verskeie geskiedkundige tydsones waarvan die mees uitstaande die Moorse -, Arabiese - en Barok style is.

 

Aandete en oornag in die Grande Hotel do Porto.

 

Dag Vyf: 27 Sep 09

 

Pragtige Provinsie van Minho

 

Vandag gaan die toer na die mooiste provinsie van Portugal, Minho. In Guimares sien mens die Paleis van die Portugese Koningshuis, Paleis van Bragansa,  wat in die 15 de Eeu  gebou is. Hoewel Portugal nie meer 'n koning het nie, word die Bragansa familie nog steed as adelstand in Portugal deur die meeste van sy burgers gesien. Die paleis is 'n tipiese Europese paleis met al sy pragtige sale, kunswerke, meubels en standbeelde.

 

Dan verder Noord na Braga, wat een van die eerste Christelike dorpe in die Iberiese Skiereiland was. Hier moet mens besoek bring aan  die 12 de Eeuse katedraal en die Jesus Christus Altaar.

 

Na ete gaan die toer na die hart van Minho, Barcelos. Hier ervaar jy die werklike verruklikheid van die omgewing. Die bekende erdeware van Portugal word hier gevind en ook die haan wat sinoniem met Portugal is.

 

Aandete en oornag in die Grande Hotel do Porto.

 

Dag 6: 28 Sep 09

 

Vissersdorp Nasaré

 

Besoek die tipiese vissershawe Nasaré en een van die wêreld se grootste argitektoniese skatte wat as ''n gedig in klip" beskou word.

 

Fatima is in die Katolieke Geloof baie bekend vir die herderskinders wat hier 'n Heilige Gesig gesien het en duisende gelowiges stroom jaarliks na hierdie gebied. Daar is ook 'n pragtige altaar vir Moeder Maria opgerig.

 

Van hier gaan die roete verby Obidos, die Middel-Eeuse dorp met sy stadsmure, klipstrate en pragtige huisies.

 

Aandete en oornag in die Hotel Don Carlos Park in Lissabon.

 

Dag 7: 29 Sep 09

 

Lissabon en Museum van Vasco da Gama en Bartolomeu Dias

 

Na ontbyt vertrek die groep op 'n halfdag toer van Lissabon. Ontdek Lissabon  en ry deur Vryheidslaan en Rossio, wat deur die middel van die stad gaan. Van St George Kasteel op die heuwel kan jy 'n panoramiese blik van die stad, die Tagus rivier en die Alfama kry. Baie van die pragtige teëlwerk van Portugal het tonele van ou Alfama met sy teëldakke en klipstrate opgeverf.

 

Besoek die Belém area en die Monasterie van Jeronimo. Hier sal jy ook die Belém Toring sien vanwaar maritieme ekspedisies in die 15de en 16 de Eeu vertrek het om die wêreld te ontdek. Ook Vasco da Gama en Bartolomeu Dias het van hier af vertrek voordat hulle om die Suidpunt van Afrika geseil het.

 

Aandete en oornag in die Hotel Don Carlos Park.

 

Dag 8: 30 Sep 09

 

Koninklike Paleis en "Klein Eden" in Sintra

 

Vandag gaan die toer na Quelez om die Koninklike Paleis wat in die 18de Eeu gebou is te besoek. Stap rustig deur die groot tuine met sy blomme en fonteine.

 

Volgende stop is Sintra wat alom bekend is as "Klein Eden". Besoek die somer  residensie van die konings nl. die Nasionale Paleis (14de Eeu). Die snaakse Moorse torings is baie uniek.

 

Geniet 'n tipiese middagete in Sintra

 

Na ete besoek die toer die mees Westelike punt van Kontinentale Europa, Kaap Roca.

 

Aandete en oornag in Hotel Don Carlos in Lissabon

 

Dag 9: 1 Okt 09

 

Straatwinkels

 

Neem gerus die tyd na ontbyt om die winkels en strate van Lissabon te verken of reël 'n besoek aan die straatwinkels van Cascais.     

 

Namiddag: vertrek na lugahawe en neem afskeid van hierdie pragtige streek van Europa.

 

 

Die pryse vir die toer na Portugal werk as volg uit:

 

Voorgestelde toerdatums: 23 Sep tot 1 Oct 09

 

Prys  =      R23 415 per persoon wat deel

 

Deposito : R10 000 per persoon wat deel

 

Prys sluit in: 8 x nagte 9  x dae toer

                       Retoerkaartjies JNB - LIS

                       Lughawebelasting

                       Alle items soos genoem in toerplan

                       Akkomodasie in drie ster hotelle

                       Bed, ontbyt en aandete

                       Gidsfooie

                       Ingangfooie soos genoem in program

 

Onthou uitsluitklousule: pryse en belastings kan verander agv. belasting- en  tarrieweaanpassings en asook wisselkoersskommelings.

 

Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5