www.getaway.co.za | Features

Translate

Punte om te onthou as jy gaan reis.

Punte om te onthou as jy gaan reis.

 

Hiervolgens 'n paar punte wat ons as AA Travel Experience ervaar mense nie altyd  aandag aan gee nie, al is baie van die punte heel logies.

 

  1. Op enige reis, beplan hoe lank jy  weggaan en vind uit wat jy aan die ander kant  nodig het. Dit gesê, moenie te veel klere saamneem nie, dit sal net 'n las raak.

 

  1. Vind uit van die weer, gaan dit koud of warm wees – wat gaan jy met jou dik baadjie of jas doen as dit warm raak. Die goue reël is om in lae aan te trek. Pak noodklere in jou handbagasie.

 

  1. Maak altyd seker van jou versekering – persoonlik, medies, voertuig en reis.

 

  1. Sorg vir geld soos watter denominasies en watter geldeenheid  jy wanneer gaan nodig hê, bv. vir 'n taxi as jy daar aankom.

 

  1. Maak seker van permitte, lisensies, visums en ander reis- en bankdokumente.

 

  1. Maak seker om mediese afsprake af te handel voor jou reis. Jy wil nie met tandpyn in Mosambiek of Sjina sit nie. Maak seker van voorgeskrewe in-entings en hoe lank voor die tyd dit gedoen moet word.

 

  1. Maak seker van elektriese Volt sterktes en proppe.

 

  1. Bespreek kaartjies voortydig om dit teen 'n meer kompeterende prys te kry. Maak seker wat die reëls van die kaartjie is. Wat gaan kostes beloop as jy datums ens moet verander.

 

  1. Lees baie oor waar jy heengaan. Wees ingelig, dit maak dit meer interessant.

 

  1. Respekteer ander gebruike en kulture. Dit help nie jy word opgewerk deur mense wat druk en stoot by 'n toonbank in Italië nie.

 

  1. Wees oopkop en sien uit na jou reis. Moenie dat jou reis 'n "sake reis" raak wat jy net vinnig wil aframmel nie. Ervaar die land met sy vreemdheid en selfs sy probleme.

 

  1. Geen plek is perfek nie, nie eers jou eie "kasteel" nie.

 

  1. Moenie skaam wees om te vra of met jou vinger na iets te wys nie – al ignoreer sommige mense jou.

 

  1. Leer 'n paar van die plaaslike woorde aan, dit sal jou laat goed voel.

 

  1. Onhou jou kamara, batterye en genoeg geheue skyfies.
Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5