www.getaway.co.za | Features

Translate

Toer na Suid-Kaap

Spesiale Mid-week Winteraanbod: Toer na Suid-Kaap:

 

Die Suid-Kaap is nie net beskore vir internasionale toeriste wat dit in die somermaande oorstroom nie. Die streek bied wonderlike geleenthede in die winter teen meer bekostigbare pryse.

 

Besoek Mosselbaai, Kango Grotte, Addo Olifant Park, Tuinroete en Knysna. Alles in die gerief van 'n luukse toerbus en oornag in goeie gehalte hotelle.

 

Addo Olifant Nasionale Park                                                  

Uitreksels  uit artikels uit Weg en Veld Toe

Die naam is sinoniem met olifante.

Met die aansienlike uitbreiding van dié Oos-Kaapse park, is grootvoete lankal nie meer die enigste aantrekkingskrag nie. Van 'n skamele 2 237 hektaar en slegs 11 olifante in 1931, kan die Addo Olifant Nasionale Park binnekort 'n reusagtige 370 000 hektaar beslaan.

Die Oos-Kaap beleef 'n bloeityd, en dis nie net die olifante wat floreer nie: die bedreigde planteryk, miskruier, die plaaslike ekonomie, eko- en avontuurtoerisme ook… Mens, dier en habitat wen weens die uitbreidingsplanne, gesteun deur finansiering van die regering én die private sektor.

Die park se grootte het die afgelope ses jaar verdubbel.En sou die beoogde planne alles binne die volgende vyftien jaar uitgevoer word, sal Addo die derde grootste bewaringsgebied in die land word, kort agter die Kgalagadi- (Gemsbok) oorgrenspark en die Kruger Nasionale Park.

Die Groter Addo Olifant Nasionale Park, strek van St. Croix en Voëleiland aan die Oos-Kaapse kus in Algoabaai en binnelands deur die harde Karoo tot by Darlington-dam. Die besoeker kan ongelooflike diversiteit  aanskou - vyf van Afrika se sewe biome (plantegroeisoorte) kom byvoorbeeld hier voor.

Die diversiteit eindig nie by die fauna en flora nie. Addo is die tuiste van talle argeologiese en geskiedkundige terreine wat tot die Eerste Steentydperk terugdateer. Hier is byvoorbeeld die Melkhoutgrot in die Zuurberge, die einste bergreeks wat die toneel van verskeie Anglo-Boereoorlog-skermutselings was.

 

Het jy geweet?

  • Addo is een van die min plekke waar die vlerklose miskruier te sien is. Tekens wat motorryers waarsku om nie oor die Circellium bacchus te ry nie, is oral in die park opgerig.
  • Die Armstrong-grensdraad om die park is vervaardig van ou tremspore, mynskagkabels en spoorwegpale. Dit is in 1950 opgerig.
  • Die olifantbevolking in Addo is byna uitgewis nadat majoor Jan Pretorius in 1911 beveel is om die trop van kant te maak.
  • Die park is verteenwoordigend van vyf van Afrika se sewe biome: die Nama Karoo, fynbos, woude, ruigtes en savanne. Die beplande uitbreiding sal die graslandbioom insluit.
  • Die dominante plantsoort in Addo is die spekboom, ook bekend as olifantskos.

 

 

 

Toer Agenda:

 

Dag 1:

 

09h00: Toer vertrek vanaf Tygervallei Sentrum voor Ingang 8.

 

Ry deur Somerset-Wes oor Sir Lowry pas. Stop vir 'n bene rek by die Peregrine padstal buite Grabouw, Swellendam en Riversdal.

 

14h00: Arriveer Mosselbaai.

 

Besoek die Museum en leer meer oor die vroeë seevaarders.

 

18h00: Besoek die Garden Route Spa en Casino.

 

Oornag Hotel Mosselbaai                                                    

 

 

Dag 2:

 

Na ontbyt vertrek ons na Oudtshoorn vir 'n besoek aan die pragtige Kango Grotte.

 

Stop vir bene rek in Oudtshoorn.

 

Na die ervaring ry ons verder op die Uniondale pad (kyk uit vir die spook van Uniondale) deur die langkloof tot by Port Elizabeth.

 

Stop vir bene rek in by Avontuur en Joubertina.

 

Aandete Hotel Port Elizabeth

 

Oornag Hotel Port Elizabeth

 

 

Dag 3:

 

09h00: Besoek die Addo Nasionale Olifantpark saam met ons lokale gids wat ons alles van die diere en die omgewing vertel.

 

Namiddag:  Ry deur die pragtige tuinroete na Knysna. Stop by Stormsrivierbrug vir versnaperinge. Besoek die Groot Boom in die Knysna woude.

 

Oornag Hotel Knysna

 

Dag 4:                                                                                    

 

09h00:

 

Doen inkopies by die oulike winkels by Knysna waterfront

 

Opsionele middagete by "The Heads" by die poort na die oseaan.

 

Namiddag: Vertrek terug na Kaapstad op die N2. Ry verby die pragtige mere van Sedgefield en Wildernis.

 

Bene rek stop by Mosselbaai en Swellendam.

 

18h00: Arriveer Tygervallei.

 

 

 

Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5