www.getaway.co.za | Features

Translate

Karoo Fusion in Riebeek Vallei

Naweek Ritte

 

Karoo Fusion in Riebeek Vallei

 

Vat jy een oggend die R44 agter die Paarl verby tot by Wellington en draai jy links om verder Hebron to te ry, kom jy by een van die mooiste plekke in die Boland, Riebeek Vallei met sy pragtige wingerde en olyfboorde wat teen die Kasteelberg le.

 

Riebeek Kasteel en Riebeek-Wes groet jou. Albei met sy eie unieke karakter, kunswinkels, gastehuise, wynproeë en lekker kos. Op die stoep van een van die koffieplekke kry jy vir Fernando.

 

Fernando het 'n klompie jare gelede van Spanje na Suid-Afrika gekom, maar is nog steed net soveel Spanjaard as wat die Karoo en die Boland in hom kon oorlaat.

 

Hy is lief vir hierdie wêreld se hy. Laat my baie aan die landskappe van Cordoba en Albecete dink. Hoe gaan dit met die Afrikaans vra ek: die mense in die Klein Karoo het hom net "harde" Afrikaanse woorde geleer, se hy.

 

Ons praat oor die Riebeek Vallei, sy kunstenaars, sy mense, sy tema-gedrewe restaurante.: Italiaans, Frans, Suid-Afrikaans. Wat van Spaans, vra ek. Spanje het sulke wonderlike aardse disse. Waar's die Spaanse restaurante.

 

Nee, se hy, hy het sy kos in die Klein Karoo leer maak, daar wou niemand Spaanse disse, wat sy Ma hom leer maak het, probeer nie.

 

Die son begin op ons bak en ek en hy skuif verder onder die peperboom in. Fietsryers met hulle snaakse broeke, hoede en

skoene los hulle fietse non-chalant op die sypaaidjie en kom skrop vir hulle 'n tafel reg om "brunch" te bestel.

 

Die klipgebou waarin die koffiewinkel is, laat dink my aan Pedraza, 'n klein dorpie buite Segovia so twee ure se ry van Madrid. Pedraza de la Sierra le hoog op 'n heuwel en is 'n klassieke middel-eeuse dorpie met sy kasteel en ringmuur. Tipies aan al Spanje se dorpe het hy sy eie "Plaza Mayor" (sentrale plein) waar alles gebeur.

 

As jy Sondae na Pedraza ry, doen jy dit met een doel voor oë en dit is om Cochinillo te eet. Hierdie spesialiteit is speenvarkies wat in groot klip-oonde gebak word totdat dit so sag is dat die vleis van die been afval. Dit word in ronde steenkleibakke saam met brood en wyn bedien.

 

Wat van Cochinillo maak vir die mense van die Kaap. Cochinillo, glimlag Fernando. Ek kan sien hy dink ook ver terug. Die area is reg se ek, ons moet net die oonde kry. Hy lag: " No my friend, I do Karoo dishes and people like it. 

What will you call Cochinillo in this part of the world."

 

Karoo Fusion, se ek. Fernando lag en vat 'n sluk koffie.

 

Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5