www.getaway.co.za | Features

Translate

Brasilie Argentinie & Peru

Brasilie  Argentinie  &  Peru

 

 

 

Dag  1.

Rio de Janeiro.

Aankoms –Transport van lughawe na Hotel in Copa Cabana.

Vroegaand stap langs  die Copa Cabana strand. Aand besoek Restaurant vir `n tipiese

Brasiliaanse  Churuscaria – braai. Laat aand Sambadans vertoning vir die wat nog

energie oor het.

 

Dag  2.

Rio de Janeiro .

Vertrek per bus na die Christus standbeeld bo op die hoogste berg in Rio, die Corcovado.

By die voet van die Corcovado vertrek per trein op tandrat spoor tot heelbo.

Baie mooi uitsig na alle kante van Rio.Daar is netjiese eet en drink plekkies al om die Christus standbeeld.

Ook interessante soewenier winkeltjies.

Vertrek per bus vanaf die Corcovado na die Sugarloaf berg. Ons gaan met Kabelkarretjies

tot op die hoogste  punt. Lieflike uitsig van hier oor die stad en ons geniet `n sundowner terwyl die son

sak oor Rio en ons  sien hoe die liggies van die stad aankom.

Vertrek terug na Hotel en besoek een van die vele kuierplekkies langs die see op die Copacabana.

 

Dag 3.

Vertrek op een van vele uitstappies vanaf Hotel. Bv besoek die baai met 1000 eilande.

Ongeveer 100 km vanaf Rio. Ry per bus tot by die baai en dan per boot tot by een van die eilande.

Middagete ingesluit en dan weer terug na die Hotel, betyds om vir oulaas  bietjie te kuier langs die

Copa Cabana strand se vele uithang plekkies.

In plaas van op een van die uitstappies te gaan kan `n heerlike dag in Copa Cabana deurgebring word.

Daar is vele interessante plekkies om te besoek. Die strand. Een van die vlooimarkte of die vrugte  en

Groente straatmark. `n Paar blokke  word vir die mark toegemaak.   Alles baie skoon.

Interessant om vroegoggend langs die strand te stap en sien hoe die Cariocans inwoners van Rio

vir Kms stap of draf. Oues en jonges. Vettes en mares.  Langes en kortes.  Werklik `n skouspel.

 

Dag 4.

Vertrek  vroegoggend per bus na Sao Paulo. Ongeveer 400 km. Ry deur baie groot dorpe en

dele van die platteland. Op die manier word heelwat van Brasilie gesien.Kom laat middag in Sao Paulo aan.

Die 4de grootste stad in die wereld.

Ons gaan tuis in `n Hotel naby die lughawe. Aand  besoek `n Restaurant in Sao Paulo of  gaan vroeg bed

toe vir `n goeie nagrus.

 

Dag  5.

Vertrek vroeg  0400 vm  na  lughawe vir vlug na  Lima die hoofstad van Peru.

Ons vlieg oor die Andes en land in hierdie Kus stad aan die Stille Oseaan. Direk na aankoms op die

Lughawe vertrek ons na ons Hotel . Ontspan res van dag in Lima en neem  `n halfdag stadstoer.

Ons  Hotel is naby die hoofplein van die middestad en vanaand  besoek ons een van die lekker eetplekkies met tipiese Peru musiek.  Oornag in Lima.

 

Dag  6. 

Na ontbyt vertrek ons na die lughawe  vir die vlug na Cusco  in die suidooste van Peru. I uur vlug.

Cusco is gelee aan die hange van die Andes aan die ooste kant in die vallei  van die Huatanay rivier wat afloop  na die Amasone rivier. Na aankoms op die lughawe van Cusco vertrek ons na ons Hotel. Sentraal

gelee. Cusco is die antieke hoofstad van die Inca  Ryk.  Seker die mees fasienerende plek wat ons besoek.

Van Cusco af begin ons roete op die spoor van die Inca en vroere beskawings wat hul blyplek in hierdie deel van die wereld gemaak het. Ons beweeg in die hoe hange van die Andes en afgesien van die interessante geskiedenis van die gebied word ons deurgaans met wonderlike natuurtonele begroet.

Cusco is 3400 meter bo seevlak. Cusco word beskou as die mees belangrikste argeologiese plek in Suid Amerika. Dit kan gesien word as die hoofstad van die Incas vanwaar hul kultuur versprei het.

Onderneem `n stadstoer  en besoek `n paar van die interessante  plekke van die Incas. Keer laat middag terug na die Hotel en besoek tipiese restaurant met folklore musiek van die gebied. Almal neem deel in die dans en musiek. So neem  U mondfluitjie saam.

 

Dag  7.

Oggend na ontbyt  vertrek per toeriste trein na Machu Pichu die verlore stad. Sowat 110 Km van Cusco af. Ons beweeg tot aan die voet van die berg waar hierdie verlore stad is, Aguas caliente of Warm Water. Dis `n klein dorpie en van hier af gaan ons met ``n geleide toer teen die berg op na die vesting om na al die verskillende  geboue wat deur die Incas gebou was  te kyk. Hier is hul temples , paleise, terrasse en ander geboue.Gebou uit klip sonder enige sement. Laat middag  vertrek ons terug na Cusco met die trein. Oornag in Cusco. Dis Saterdagaand  en vir die wat effens kon slaap op die trein sal ons weer later die aand  `n lekker kuierplekkie opsoek. 

 

Dag  8.

Na ontbyt vertrek ons na Pisaq. Pisaq is 30 km vanaf Cusco en gelee onder aan die voet van die Inca bergvesting wat die afdraai pad was na die ooste  van die Amasone oerwoud. Vanaf die bergvesting

Is `n mooi uitsig wat uitkyk oor die Urubamba Rivier en vallei. Die hedendaagse  Pisaq is `n interessante

Dorpie met `n groot  plein en handewerk mark. Ons sal hier `n Sondag middag ete geniet en nog verder in die valley  af  beweeg en verdere vestings gebou deur die Incas besoek. Soos Ollanta en Ollantaytambo voor ons terug ry na  Cusco toe. Ons oornag in Cusco.

 

Dag  9.

Na ontbyt vertrek ons op 3 dae toer . Met `n spesiale toegeruste  voertuig  teen die Andes af   deur die Manu  Ekologiese Natuurpark.

Op pad besoek ons nog van die geskiedkundige plekke selfs van voor die Inca tydperk. Ons gaan af  na

`n dorpie van die Spaanse Koloniale tydperk  Paucartambo ( sien kaart ) . Nog verder af  na die wolke woud

waar daar altyd `n digte wolklaag is . Die digte wolklaag veroorsaak `n klimaat met hoe humiditeit wat idillies  vir sekere plantegroei is en dan die diere verskeidenheid wat op die plantegroei  floreer. Orgidee boom varings ( van die oudste plante nog ) en baie ander soorte. Verskeidenheid voels  sommige wat net

in sulke natuurplekke voorkom sal gesien word.  Bv . ( Cock of the Rock,   Spectacled Bear ).

Ons beweeg verder tot by  San Pedro kamp waar ons oornag.

 

Dag 10.

Naby ons kamp is `n uitkyk punt waar die ryk verskeidenheid  voels gesien kan word. Onder andere die  nasionale voel van Peru.  Cock of the Rock. Na ontbyt vertrek ons verder met ons oorland  safari. Met `n nou paadjie al langs die vallei af. Baie watervalle op pad.  Vir die meer avontuurlustiges  kan `n deel van die tog per rubberduck dedoen word. Dis heel veilg op `n plat deel van die rivier in die vallei met baie stroom versnellings. Ons gaan verder tot by die hawe  in die groot rivier  Madre de Dios  (moeder van die Here ). By die hawe dorpie Atalaya. Sien kaart. Hiervandaan gaan ons per motorboot  so 30 min se vaart met die groot rivier af tot by ons kamp plek Erika Lodge. Ons oornag 2 nagte hier. Daar is baie kort staproetes om ons kamp. 

 

Dag  11. 

As gevolg van die ligging van ons kamp kom `n groot verskeidenheid diere hier voor. Na ontbyt

gaan ons op `n begeleide staptoer  waar die gids ons sal vertel van die diere en plantegroei wat hier voorkom. Op die staproete is `n lekker swemplek in een van die baie helder water poele  wat ons  teekom. Na middagete gaan ons op `n kort bootrit op die groor rivier wat by ons kamp verby loop na `n meer  waar  `n groot verskeidenheid watervoels gesien kan word. Onder andere die Hoatzin `n primitiewe voel , die swart caiman en ander spesies. Terug in die kamp maak ons reg vir ons laaste aand hier in die Amasone woud.

n Regte Oerwoud.

 

Dag 12.

Vandag vroeg vroeg opstaan. Ons pak al ons goed op die boot en maak reg vir ons terugtog na Cusco toe. Na `n paar minute op die rivier stop ons langs `n klei wal . Hier aanskou ons `n  kleurvolle en raserige  skouspel waar  `n verskeidenheid soorte papegaaie hul dieet aanvul met soute en minerale in die klei. Ons vaar verder tot by die hawe Atalaya waar ons weer ons voertuig kry wat ons  terugneem na Cusco toe. Op pad aanskou ons weer die mooi  gebied en laat middag kom ons  by ons Hotel in Cusco aan.

Betyds vir `n heerlike aandjie  uit.

 

Dag 13.

Vroeg oggend vertrek na die lughawe om vlug van 1 uur na   Lima te haal.

By aankoms in Lima vertrek na die Hotel. Die heel dag le voor en elkeen is vry om te doen soos hy wil.

Ons Hotel is in die middestad  waar alles gebeur  en binne loopafstand van baie dinge om te sien..

Lima is die hoofstad van Peru en aan die kus. Hier is ook nog baie te sien van die Inca tydperk af.  Die   

Bekende Museum van goud is die een museum wat gesien moet word.

Lima is `n stad met baie uitstappies wat die moeite werd is om te doen.

Die aand sal ons `n vertoning met  kleurvolle skouspel van Peruviaanse folklore beleef. Dis na alles        

Saterdagaand en ons gaan nie tuisbly nie.

Ons oornag in Lima of jol die hele aand deur want vroeg vroeg moet ons ons vlug haal na Buenos Aires   

toe.

 

Dag  14.

Vertrek van Hotel in Lima na die lughawe toe om vlug na Buenos Aires te haal. Vir die wat nie   

geslaap het nie is dit nou die kans  op die vliegtuig sodat ons vars in Buenos Aires kan aankom.

Aankoms in Buenos Aires  vertrek na ons Hotel in Down Town Buenos Aires

Ons Hotel is werklik binne loopafstand van baie besienswaardighede en vermaaklikheids plekke. Dis baie veilig om rond te beweeg en naby uitstekende restaurante en eetplekkies of  supermercados waar jy enige iets kan koop net  soos Pick en Pay.  Die bekende Florida straat is naby die hotel. Hier gebeur alles en  u sal

baie van U tyd wat ons in Buenos Aires is hier wil deurbring. Leergoedere is hier vollop en goedkoop.

`n Top gehalte leerbaadjie kan jy hier koop vir 100 U$S . Afhangende van die tyd beskikbaar sal ons as `n groep `n uitstappie onderneem.   

 

Dag 15.

Vertrek vanaf die Hotel op `n uitstappie na die groot delta waar 5 riviere saam vloei. 20 km Vanaf

Down Town en ons ry per trein daarheen.Ons ry op die waterkanale met die bote wat die mense vervoer wat langs die kanale woon. Middag ete word op een van die eilande geneem en daar kan ook geswem word.

Laat middag keer terug per trein na Buenos Aires. Aand besoek restaurant met `n tengo vertoning. Oornag in  Hotel. Bs As. 

 

Dag  16.

Besoek ekologiese tuin binne stapafstand vanaf Hotel. Middag vertrek per stadstoer en besoek

interessante  plekke in Bs As.

 

Dag 17 en  Dag  18.

Geniet  Buenos Aires  met vele uitstappies wat van die hotel af geneem kan word of

Ontspan en verken so veel moontlik van hierdie mooi stad. Daar is `n goedversorgde ondergrondse trein

Stelsel wat jou vinnig kan   laat rond  beweeg. Die mense is vriendelik maar met engels kan jy sukkel so

leer `n paar woorde spaans wat jou baie sal help. Sien my spaanse woordelys

 

Dag 15 , 16 en 17 .

Opsioneel  word `n uitstappie gereel na die Suide van Argentinie.

 

Dag 15.

Vertrek vanaf Hotel na die binnelandse lughawe en vlieg  na Calafet in die suide van Patagonia. vir `n 3 dae uitstappie

Twee nagte in Calafet. Besoek die gletsers op die grootste  binnelandse meer in Argentinie. Naamlik

Largo Argentina. Die gletser Perito Moreno  op die meer.

 

Dag  17.

Calafet vertrek vanaf  Hotel na Lughawe  en vlieg terug na Bs As. Aand terug by Hotel in Bs As.

 

Dag  18.

Heeldag vry om vir oulaas  Buenos Aires  te beleef.  .

 

Dag  19.

Oggend vertrek na Lughawe om vlug te haal na Sao Paulo  en dan na Suid Afrika  later die

middag.

 

Dag  20.

Aankoms in Jhb. 0700 .

 

§          

§          

§         Vervoer van en na Ezeiza Internasionale Lughawe

§         4 nagte in 'n hotel in Buenos Aires, met belastings en ontbyt ingesluit

§         Half-dag stadstoer in Buenos Aires (met vervoer van en na die hotel ingesluit)

§         Tangovertoning met aandete in Buenos Aires (met vervoer van en na die hotel ingesluit)

 

 

Landbou-toerisme

Argentinië is 'n wêreldbekende landbouprodukproduseerder en die effek van die Argentynse boere op die nasionale ekonomie is aansienlik.
Die landbou aktiwiteite in Argentinië is gekonsentreer rondom plase van verskillende grotes, van die masiewe Estancias wat duisende hektare kan beslaan tot die fincas van net 'n paar hektare.

Op van die groter plase kan 'n mens golf en polo ook geniet behalwe natuurlik die tipiese Argentynse asado.

Vir die persone wat eerder skoonheids toerisme wil beoefen is daar ook meer as genoeg keuses van spa's en natuurlike warmwater bronne.

Die Wynroete -die Argentynse manier

Argentinië se wynplase lê meestel in die Weste en bied verskeie hoë kwaliteit wêreldbekende wyne wat net vir die proewer wag om hom of haar met sy unieke aroma en smaak aangenaam te verras.

 

Op hierdie bladsy het ons probeer om net 'n paar van die bekendste toeristeaantreklikhede wat in Argentinië beskikbaar is 0n biedjie beter bekend te stel en nogtans kan wat hier gesê word nooit genoeg vertel wat 'n mens hier in die land van al die klimate kan doen en ervaar nie.
Laurik International spesialiseer ook daarin om sportstoere te reël op hoërskool en klub vlak. Praat gerus met ons en laat ons toe om u meer te vertel van wat beskikbaar is.
Behalwe al die bogenoemde dienste, help Laurik International ook sy kliënte met hulle vlug reëlings om seker te maak dat alles glad verloop en dat daar so min as moontlik tyd op die lughawens en in toue verloor word.

Laurik International


Landbou Toere

Hier kan u meer inligting oor die landbou toere wat deur Laurik International aangebied word vind

Laurik International se agritoer dienste:

Slegs Laurik International bied u reisprogramme wat u sal toelaat om Argentinië se landbou heeltemal te verstaan en met 'n diens wat 24 uur van die dag en 7 dae van die week beskikbaar is om u vrae te beantwoord en te verskerk dat u besoek waarlik produktief is en waarde vir geld waarborg.

Ons bied twee verskillende soorte agritoere: standaard voorafopgestelde besoeke en pasgmeaakte, verpersoonlike toere wat vir elke kliënt apart opgestel word.

Die eersgenoemde opsie sal u toelaat om die belangrikste areas te besoek en 'n algemene beeld te verkry van die belangrikste landbouaktiwiteite wat in Argentinië beoefen word. Ons stel hierdie toere voor vir die persone wat nog nie vantevore die land besoek het nie of nie spesifieke voorafbepaalde vereistes het nie.

Die tweed opsie is vir die persone met spesifieke belangstellings en vereistes in die Argentynse landbou. Kontak ons gerus en ons sal u met graagte van diens wees met die opstel van 'n reisplan wat u spesifieke behoeftes aanspreek.

Laurik International se dienste sluit die volgende in:

  • vervoer
  • verblyf
  • etes
  • besigtiging
  • ervare kenners wat as toerleiers optree en meer inligting kan verskaf soos benodig word
  • gespesialiseerde gidse
  • vertalers (indien benodig word)

Laurik International se dienste verseker dat u waarde vir geld sal kry en antwoorde op u vrae. U tyd is waardevol en ons verseker maksimum produktiwiteit.

Ons bied ook toere vir ander lande in Suid-Amerika.

 

Inleiding

Hoekom Argentinië?

Argentinië bied 'n groot verskeidenheid van klimaat- en geografiese streke wat verseker dat elke potensiële belegger die eiendom sal kan bekom wat aan sy verwagtinge en doelwitte voldoen.

Hoof areas:

Om die soektog na 'n gepaste belegging en eiendom te vergemaklik is Argentinië in 4 hoof streke opgedeel. Alhoewel elke hoof streek verder opgedeel kan word glo ons dat hierdie klassifikasie die aanvanklike soektog aansienlik vergemaklik.

Die hoof streke is as volg:

  • Die Pampas

Hierdie streek word deur die provinsies van Buenos Aires, La Pampa, Santa Fe en die suidelike deel van die provinsie van Córdoba gevorm. In hierdie streek word die grootste gedeelte van Argentinië se landbouprodukte geproduseer. Veral sojaboontjies, mielies, sonneblom en koring word hier geplant. Hierdie is ook die streek waar die wêreldbekende Argentynse beesvleis oorspronklik geproduseer word alhoewel die onlangse ontwikkelinge in die prys van graan 'n groot invloed het op die hoeveelheid grond wat aan die produksie van vleis toegewy word.

  • Patagonië:

Hierdie streek wat ongeveer 25% van Argentinië se grondoppervlakte beslaan het 'n baie droë klimaat wat dit gepas maak vir skaapproduksie.

Dit is ook in hier waar 'n kolonie Suid-Afrikaners hulle meer as 100 jaar gelede gevestig het na die oorlog teen Groot Bretanje.

In Patagonië (veral in die provinsie van Río Negro), nader aan die Andesgebergtes, word daar ook vrugte geproduseer terwyl vissery belangriker is aan die kus van die Atlantiese Oseaan.

Mynbou is ook belangrik.

  • Die stad van Buenos Aires:

Hierdie stad wat bekend staan as die Parys van die Suide bied vele geleenthede vir die ingeligde belegger wat op soek is na 'n eiendom in die buiteland. Buenos Aires, met sy vele woongebiede en voorstede, bied 'n magdom keuses en moontlikhede, genoeg om aan almal se verwagtinge te voldoen en met die stad se konstante groei is daar altyd persone wat na nuwe eiendomme, kommersieel en residensieel, op soek is.

  • Die Noorde:

Hierdie area kan in die Noordooste en die Noordweste gedeel word. Die Noordooste is meer geskik vir die produksie van gewasse soos katoen en mate maar aangesien daar ?n sekere mate van klimaatverandering in Argentinië aan die gang is word ander gewasse soos sojabone ook nou hier geproduseer.

Die Noordwestelike area se klimaat word tot 'n groot mate deur sy kontak met die Andesgebergte bepaal en ook deur sy buitengewone hoogte bo seespieël.

In albei van hierdie areas is die mees vrugbare dele na aan die valeie en is dit beslis 'n area vir die toekomstige belegger om in ag te neem.

Aspekte om in ag te neem:

Die Argentynse Grondwet waarborg die individu, burgers of buitelanders, se reg om privaateiendom te besit en hierdie reg is geskiedkundig nog altyd gerespekteer.

Hoekom Laurik International en nie tradisionele eiendomsagentskappe nie?

Daar is 'n merkwaardige en kwalitatiewe verskil tussen die dienste wat 'n tradisionele eiendomsagentskap en Laurik International kan bied.

Die grootste verskil is dat Laurik International eerste na ons kliënte luister en daarna eiendomme, volgens die vereistes van ons kliënte soek, eerder as om te probeer om eiendomme aan ons kliënte te verkoop omdat ons reeds 'n ooreenkoms met die verkoper het. Laurik International besef dat dit 'n groot onderneming is om 'n belegging in die buiteland aan te pak en ondersoek dus al die moontlikhede saam met ons kliënte eerder as om voorafopgestelde formules te verkoop. Laurik International se personeel sal elke stap van die proses saam met ons kliënte ontleed en seker maak dat alle onduidelikhede uitgeklaar is voordat die transaksie beklink word.

Behalwe die standaard dienste wat deur eiendomsagentskappe gelewer word bied Laurik International ook die volgende:

  • Berading gedurende die aanvanklike soek periode
  • Berading en advies met die keuses tussen moontlike eiendomme
  • Onderhandelinge namens u indien u hierdie diens verlang
  • Bemiddeling indien dit benodig word om die transaksie se uitkoms te bevorder
  • Administrasie van die finansiële en regsaspekte vir die oordraag en onderhoud van u eiendom

Kontak ons gerus vir meer inligting oor die moontlikhede van huur, koop, verkoop en finansiering van eiendomme in Argentinië

Laurik International

 

Buenos Aires

Hierdie stad wat bekend staan as die Parys van die Suide bied vele geleenthede vir die ingeligde belegger wat op soek is na 'n eiendom in die buiteland. Buenos Aires, met sy vele woongebiede en voorstede, bied 'n magdom keuses en moontlikhede, genoeg om aan almal se verwagtinge te voldoen en met die stad se konstante groei is daar altyd persone wat na nuwe eiendomme, kommersieel en residensieel, op soek is.

 

 

Evita Toer

'n Betowerende toer wat Evita se geskiedenis aan die besoeker vertel. Nou kan u meer sien van hierdie legendariese dame.

Gedurende hierdie uitstappie besoek u ook die volgende:

  • The CGT (Hoof Werkersunie).
  • Die balkon voor die Plaza de Mayo waar sy van haar mees bekende toesprake aan die arm "descamisados" gelewer het.
  • Die Huweliksbevestigong: Nuestra Señora de Pilar Basiliek
  • Die Recoleta Begrafplaas: Evita se Mausoleum.
  • Nasionale Biblioteek: Evita se woning en ook die plek waar sy oorlede is.
  • Evita Perón se Museum.

Die Evita Toer is beskikbaar op Dinsdae, Donderdae en Saterdae.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Koste: USD35 per persoon.


Terug boontoe


'n Dag op 'n tipiese Argentynse Estancia

U vertrek 9.30 na 'n gerieflike tog tipiese Argentynse Estancia buite Buenos Aires waar u die dag sal spandeer terwyl u meer sal sien van tradisionele plaaslewe. Daar is vertonings gedurende die Asado terwyl u ook Empanadas en gewilde Argentynse rooiwyn kan geniet.
Indien u meer van die Argentynse platteland wil sien is hierdie uitstappie na die
Estancia beslis die moeite en tyd werd.

Hierdie toer-uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel
    • 'n tipiese Argentynse asado
    • drinkgoed.

Koste: USD50 per persoon.

Terug boontoe


'n Tangovertoning met aandete in een van Buenos Aires se top Tango restaurante

Hier beveel ons die Esquina Carlos Gardel Tangorestaurant, in die tradisionele Tango woonbuurt, Abasto, oorkant die ou sentrale groente- en vrugtemark (nou in 'n inkopiesentrum omskep) aan.
Hierdie restaurant is een van dié, indien nie dié top plek om Tango in al sy glorie te ervaar. In hierdie area het die bekende Tangosanger Carlos Gardel -ook genoem "El morocho del Abasto" (wat letterlik vertaal beteken "Die ou met die donker hare van Abasto") die grootste gedeelte van sy lewe gewoon.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel
    • 'n smaaklike aandete
    • drinkgoed.

Koste: USD80 per persoon.

Terug boontoe


Ópera Pampa

Hierdie uitstappie begin met 'n tradisionele Argentynse Asado in die La Rural expo-sentrum. Na ete word die besoekers genooi om 'n buitengewone opvoering oor die legendariese Argentynse Gaucho se avonture en leefwyse by te woon.
Ópera Pampa neem die besoeker met verskillende, lewensgrootte en indrukwekkende tonele, van die ontdekking van Amerika tot Argentinië se onafhanklikheid en die geboorte van die Argentynse nasie.
Hierdie vertoning sluit verskeie kunsvorms in soos b.v. volksdanse, musikante, sangers, akrobatiese vertonings met perde en lig en klank effekte.

Alhoewel die vertoning in Spaans is kry elke besoeker 'n brosjure in Engles.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel
    • 'n smaaklike aandete
    • drinkgoed.

Koste: USD75 per persoon.

Terug boontoe


Boca Tango

Hierdie uitstappie vat die besoeker terug in tyd tot die Buenos Aires van vroeër jare met die geklank van Tangomusiek in die woongebied van La Boca. Hier kan u 'n kombinasie van gehalte diens en histories korrekte aantreklikhede in een gesamentlike punt geniet. Boca Tango bied 'n volledige 3-uur program wat 'n plattelandse styl middag- of aandete insluit met die geleentheid om van plaaslike lekkernye te geniet. Daar is ook die moontlikheid om te wandel in 'n histories versierde conventillo met 'n kafee en wynkelder en 'n toneelspel deur die plaaslike akteurs te geniet voordat 'n indrukwekkende tangovertoning die besoeker betower. 'n Waarlike onvergeetlike uitstappie in die eerste promenade met 'n historiese tema in die stad.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel
    • 'n smaaklike ete
    • drinkgoed.

Koste: USD85 per persoon.

Terug boontoe


Nagtelike Stadstoer

Hierdie uitstappie wat om 7nm begin het die doel om die besoeker die stadsliggies te wys. Die roete wat die toer neem sluit die volgende in: Plaza de Mayo, Puerto Madero, die Lola Mora Monument en die glansryke Del Libertador Laan as die hoogtepunte.

U sal ook na die welbekende Recoleta woonbuurt geneem word waar u die geleentheid sal hê om die vele straatkafees, kroeë en diskos, wat hierdie area kenmerk as die sentrale punt van die stad se naglewe, te kan verken.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Koste: USD35 per persoon.

Terug boontoe


Fiets toer

Hierdie toer wat ongeveer tussen 3 1/2 en 4 ure duur laat die besoeker toe om lanks fietspaaie te ry en die verkeer te ontduik, waar moontlik, en die verskillende areas van die stad te verken. U besoek o.a. Puerto Madero, die Ekologiese Reservaat - 'n area waar die natuurskoon binne in die stad bewaar word, La Boca - 'n area wat grootliks deur italiaanse immigrante geskep is in die vroeë twintigste eeu met sy kenmerk Caminito, San Telmo en ook die San Martin Plaza.

Die toer sluit die volgende in:

    • Fiets (Beach Cruiser met gemak-sitplekke)
    • Kopskerm
    • Mediese hulp
    • Mineraal water
    • Klein aandenkinkie

Hierdie aktiwiteite vind plaas op weeksdae om 9.30 of om 14.00.

Koste: USD35 per persoon.

Terug boontoe


Stadstoer en besoek aan Tierra Santa

Hierdie uitstappie duur 6 1/2 ure waar u die wonders en skoonheid van Buenos Aires kan ontdek. U besoek die Kongresgebou, die Metropolitaanse Katedraal lanks die Presidensiële Pienkhuis, die area om die Plaza de Mayo en ook die Nasionale Teater "Colón" - een van die belangrikste operahuise in Suid-Amerika en in die wêreld.
Een van die ander buurte wat u sal besoek is San Telmo, tradisionele area waar Tangovertonings in straatkafees en restaurante gesien kan word.
U stop ook in La Boca om hierdie kleurvolle area te verken wat gevorm is deur immigrante -hoofsaaklik van Italië en op die oomblik 'n area vir kunstenaars is.
Geniet ook die Palermo buurt en sy unieke kombinasie van argitektuur en geskiedenis met vermaak en pret in sy groot groenstroke.
Ten slotte gaan die toer deur Recoleta, welaf en elegante area, met sy bekende begrafplaas,wat, alhoewel dit vreemd mag klink, ook bekend is vir sy top restaurante, kroeë, rolprentteaters en diskos.
Die volledige toer laat u toe om die bekendste en belangrikste plekke te besoek en sluit die wonderbare Tierra Santa (Heilige Land) Park in. Hierdie is 'n unieke uitstappie wat geestelike- en geloofssake op 'n smaakvolle dog buitengewone manier kombineer.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Koste: USD35 per persoon.

Terug boontoe


Begeleide toer na Tigre en Tren de la Costa

'n Heerlike uitstappie lanks die Río de la Plata kuslyn en deur van die mooier residensiële areas in Buenos Aires: privaat komplekse, seilklubs en marinas.
U kan ook 'n rit op die gerestaureerde ou Engelse trein, bekend as Tren de la Costa, geniet en aan die vermaak deel.

Die komersiële areas wat u kan besoek op hierdie uitstappies beskik o.a. oor rolprent teaters en vele restaurante met 'n verskeidenheid van kookstyle.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Hierdie aktiwiteit begin daagliks om 9.30 of om 13.30.

Koste: USD25 per persoon.

Terug boontoe


Tigre Vol Dag - (slegs beskikbaar op Sondae)

U word geneem om die tradisionele San Telmo antiekevlooimark te besoek waar unieke straatvertonings, handwerk stalletjies en oudhede handelaars Sondae bymekaar kom.
Die toer sluit ook 'n rit op die moderne Tren de la Costa wat die voorstede van Olivos, San Isidro en die Delta verbind.
Na hierdie reis geniet u 'n smaaklike middagete in 'n tipiese Argentynse restaurant bekend vir sy braaivleis snitte en vir die persone wat dit verkies is daar ook pastas en slaaie beskikbaar.
Drinkgoed is nie ingesluit nie.
Na ete gaan u verder na die Delta stasie waar u aan boord 'n Catamaran geneem sal word om die Paraná-rivierdelta te besigtig.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel
    • middagete sonder drinkgoed
    • rit op 'n Catamaran
    • rit op Tren de la Costa

Koste: USD55 per persoon.

Terug boontoe


HeliTour

'n Onvergeetlike ervaring waar u die verskillende dele van Buenos Aires en sy voorstede uit die lug kan bewonder. Die vlugroete sluit die volgende areas in: Tigre - San Isidro - Olivos - Vicente López - Costanera Norte - Núñez - Palermo - Recoleta - Retiro - Puerto Madero - Stadssentrum (Presidensiële sede, Plaza de Mayo, 9 de Julio Av., Obelisk) en La Boca.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Koste: van USD200 per persoon.

Terug boontoe


Boot rit

'n Drie uur lange uitstappie waartydens u lanks die kus van die Río de la Plata seil en die pragtige uitsigte van Buenos Aires kan geniet terwyl u 'n heerlike middagete nuttig.

 

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel
    • middagete sonder drinkgoed

Beskikbaar Maandae to Vrydae om 9.15.

Hierdie uitstappie kan ook met 'n stadstoer gekoppel word

Koste: USD50 per persoon.

Terug boontoe


Warmlugballon rit

Hierdie uitstappie kan met sonsopkoms of sonsondergang geniet word aangesien dit gewoonlik op hierdie tye is wanneer die klimaatsomstandighede meer voorspelbaar is. Die lugballon vlieg oor die area om die dorp Capilla del Señor, 90 km buite die stad van Buenos Aires.
Die vlug duur ongeveer 90 minute met die opstyg en land bewegings ingesluit.
Vanuit die lug kan u die wye pampa landskap bewonder en 'n stil, rustige oomblik geniet.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel
    • middagete met drinkgoed

Let asseblief dat hierdie uitstappie aan weersomstandighede onderhewig is en tot 17.00 van die vorige dag gekanselleer kan word.

Hierdie uitstappie vind op 'n Estancia (Argentynse Plaas) plaas en die koste per persoon sluit nie die koste van vervoer en ook nie enige ander aktiwiteite wat op die Estancia aangebied word in nie.

Koste: van USD100 per persoon.

Terug boontoe


Iguazú

Heel-dag uitstappie na die Argentynse kant van die Iguazú Watervalle

Hierdie uitstappie begin om 08.00 en laat u toe om die indrukwekkende Iguazú Watervalle te aanskou.
Die beginpunt van hierdie uitstappie is die hoogste uitkykpunt van waar u die watervalle en ook die Iguazú Rivierdelta met die eilande kan aanskou.
U volg van hier af die loopvlakke wat u die watervalle laat verken en aanskou vanaf verskillende uitkykpunte vanuit die reënwoud.
Hoogtepunte op hierdie uitstappie sluit La Garganta del Diablo en die Tren de la Selva in.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Ingangsfooie tot die Iguazú Nasionale Park waarin die valle geleë is is nie ingelsuit nie.

Koste: USD20 per persoon.

Terug boontoe


Half-dag besoek aan die Brasiliaanse kant van die Iguazú Watervalle

Aangesien 90% van die watervalle aan die Argentynse kant van die rivieroewer geleë is het die besoeker vanaf die 1km lange loopvlak in die Brasiliaanse Nasionale Park 'n onverbeterbare uitsig van al die watervalle.

Hierdie uitstappie begin daagliks om 07.00 en om 14.00.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Ingangsfooie tot die Iguazú Nasionale Park waarin die valle geleë is is nie ingelsuit nie.

Koste: USD20 per persoon.

Terug boontoe


Groot Avontuur

Hierdie uurlange uitstappie begin by die Puerto Iguazú hawe oorkant die San Martín eiland en word normaalweg met die besoek aan die Argentynse kant van die Watervalle gekombineer. Van hier af sal u met "semi-rigid rubber dinghies" geneem word om die Argentynse en Brasiliaanse watervalle asook die Garganta del Diablo te besoek.
Die uitstappie eindig 8km stroom-af by Porto Macuco waar u met die Yacaratía voetpad vir meer as 'n uur kan wandel.

Vervoer is nie ingesluit nie.

Ingangsfooie tot die Iguazú Nasionale Park waarin die valle geleë is is nie ingelsuit nie.

Koste: USD40 per persoon.

Terug boontoe


Bariloche

Dagbesoek aan 'n tipiese Argentynse Estancia

Gedurende die hele jaar is hierdie 'n aktiwiteit om in gedagte te hou vir diegene wat 'n ander sy van Bariloche se natuurlewe wil aanskou.
U kan reëlings tref vir 'n perdry uitstappie wat of die hele dag duur of net as half-dag uitstappie met 'n tipiese Argentynse asado.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel
    • Die vol-dag opsie begin daagliks om 10.00 en keer om 17.30 weer terug.

Die koste vir hierdie opsie is USD42.

Die halfdag opsie met middagete ingesluit beloop USD36 per persoon en USD30 per persoon sonder middagete.

Terug boontoe


Victoria Island en Arrayanes Forest

Hierdie uitstappie begin by Puerto Pañuelo en laat u toe om sneeu-bedekte berge en digte woude te aanskou.
Deur oor die kristalhelder water van die Nahuel Huapi te vaar bereik u Victoria Eiland met sy woude vol denne-, coihue en birchbome sowel as 'n wye verskeidenheid dierespesies soos bv. die pudu pudo bokkie, goue fisant en die rooi takbok.
Die volgende been van die reis lei na die Quetrihue Skiereiland bekend vir die Arrayanes woud wat uniek is a.g.v. sy grootte, digtheid en verskeidenheid boomspesies.
Een van die indrukwekkendste tonele is juis die bome wat wit gekleur is deur bloeisels of sneeu.
Teen skemer word u weer teruggeneem na Puerto Pañuelo.

Die koste beloop USD48 per persoon.

Terug boontoe


Puerto Blest/Cántaros Waterval/Lago Frías

U vaar vanaf Puerto Pañuelo heel moontlik begelei deur raserige en honger seeumeeue. Nadat u die Blest syrivier binnegevaar het gaan u verby die Centinela Eiland vaar waar die stigter van Argentinië se nasionale parke, Perito Moreno, begrawe is.
'n Uur later bereik u die hawe van Puerto Cántaros waar u die Valdivina Woud met sy kronkelende voetpasjies kan verken en tot by die Los Cántaros strandmeer kan stap met sy waterval.
Op die pad terug gaan u deur Bahía tot by Puerto Alegre waar u met 'n veerboot oor die Lago Frías sal vaar deur 'n beboste landskap met die oorheersende wit figuur van die Tronador Bergpiek. U keer weer terug na Puerto Blest en van daar af terug na Bariloche.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Koste: USD45 per persoon.

Terug boontoe


Circuito Chico

Hierdie uitstappie begin in Bariloche en die besoeker word met die Bustillo Laan al langs die kus van die Nahuel Huapi meer geneem.
Na ongeveer 8km kan u Playa Bonita sien en ook Isla Huemul. Na nog 10km arriveer u aan die voet van die Cerro Campanario heuwel.
Hier kan u met 'n ski-hyser tot 1050 meter bo seespieël geneem word waar u die Nahuel Huapi en Perito Moreno mere, die Trébol Strandmeer, die San Pedro Skiereiland, die Isla Victoria en Bariloche kan aanskou.
Op hierdie uitstappie sal u oor die brug oor die Angosturarivier wat die Moreno en Nahuel Huapi mere verbind, ry.
Na 'n stop by 'n panoramiese uitkykpunt word u weer teruggeneem na Bariloche.

Hierdie uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Begin daagliks om 08.30.

Koste: USD10 per persoon.

Terug boontoe


Katedraal Heuwel

Die naam van hierdie heuwel is van sy vorm afgelei wat baie na 'n gotiese katdraal lyk. Hierdie uitstappie begin vanaf Bariloche en gaan tot by Villa Catedral aan die voet van die heuwel met dieselfde naam.
Gedurende die Winter word hierdie bestemming deur verskeie skiërs en ander wintersport liefhebbers besoek.

Hierdie half-dag uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Begin Dinsdae tot Saterdae om 13.30.

Koste: USD10 per persoon.

Terug boontoe


Tronador Berg

Tronador is die bekendste berg in Argentinië se sogenaamde "Meer distrik" wat in werklikheid 'n reuse vulkaan is met groot gletsers en ysstortings.
Daar is drie hoofpieke, Pico Internacional van 3491m bo seespieël, Pico Argentinio 3300m bo seespieël en Pico Chileno met 3320m bo seespieël.
Gedurende hierdie uitstappie sal u verby die oewers van die Gutiérrez Meer en hoefyster vormige Mascardi Meer (die Meer van die Sewe Kleure) ry.
In Pampa Linda kan u 'n restaurant vind om iets ligs te nuttig vir middagete.
Die rit eindig 'n ent verder aan die voet van die Tronador Berg waarvandaan u per voet na die "swart" gletser, El Ventisquero, kan stap. Hierdie gletser het sy oorsprong in die "blanco inmaculado" bo aan die Tronador Berg.
U reis met dieselfde roete terug na Bariloche waar u om 18.30 behoort aan te kom.

Hierdie half-dag uitstappie sluit in:

    • vervoer van en na die hotel

Die koste beloop USD25 per persoon.

Terug boontoe


San Martín de los Andes langs los Siete Lagos

Nadat u, vanaf Bariloche, 20km met roete 237 gery het en daarna die roete 231 geneem het wat deur 'n eeu-oue woud kronkel vol lenga-, cypress- en coihue bome al langs die kuslyn van die Nahuel Huapi Meer arriveer u uiteindelik in Villa la Angostura.
'n Paar kilometer verder kan u met die Ruta de los Siete Lagos reis en die volgende mere sien: Espejo, Correntoso, Escondido, Villarino, Falkner en Machónico totdat u in San Martín de los Andes arriveer.
Na middagete reis u terug met die roete 231 tot by die aansluiting met roete 63. Indien u al langs die Meliquina meer en rivier ry sal u by Casa de Piedra aankom.
Na u besoek hier word die reis voortegesit tot die aansluting met roete 237 by Confluencia. Op hierdie uitstappie is die rotsformasies een van die items om te bestudeer en te waardeer.

Hierdie is 'n daaglikse vol-dag aktiwiteit wat, indien die weer dit toelaat, om 08.00 vertrek en om 19.00 terugkom en vervoer vanaf en na u hotel insluit.

Die koste beloop USD35 per persoon.

Terug boontoe


 

El Bolsón

Suid van Bariloche, by die kilometer-merker 130 op roete 258 is die gemeenskap van El Bolson geleë.

Met hierdie uitstappie besoek u die Gutiérrez, Mascardi en Guillermo mere en u kruis ook die Villegas, Foyel en Quemquentreu riviere.
U sal ook die geleentheid gegee word om 'n forrelteelplaas, 'n bierfabriek en 'n lekkergoedfabriek te besoek.
In El Bolsón moet u beslis nie vergeet om die handwerkmark te besoek nie en ook nie die Puelo Meer en die dorpie, El Hoyo, wat onderskeidelik 11 en 27 km van El Bolsón geleë is nie.

Die koste beloop USD25 per persoon.

Terug boontoe


 

El Calafate

Perito Moreno Gletser

Ongeveer 90km vanaf El Calafate arriveer u by die 30 000 jaar oue Perito Moreno Gletser met sy unieke blou-kleurige ys.
Op hierdie asemrowende punt word die stilte net gebreek deur die klanke van die stukke ys wat van die voorkant van die gletser afbreek en daarna in die Canal de los Témpanos dryf.
Op die pad terug na El Calafate ry u o.a. verby die Lago Rico.

Die koste per persoon, met vervoer van en na die hotel ingesluit, beloop USD60 per persoon en sluit die ingangsfooi tot die Nasionale Gletserpark

Terug boontoe


Upsala en Onelli Gletsers

U word van u hotel na Punta Bandera geneem waar die noordelike en suidelike dele van die Lago Argentino ontmoet.
Op hierdie uitstappie vaar u langs die kuslyn van die noordelike gedeelte van hierdie meer en word u die geleentheid gegee om die berglandskappe en ysberge te aanskou.
U bereik eerste die Upsala Gletser waar u by 'n panoramiese uitkykpunt sal stop en daarna sal voortgaan tot Onelli Baai waar u na 'n klein entjie se stap die Onelli en Agassis gletsers bereik.

Die koste beloop USD145 per persoon.

Terug boontoe


Minitrekking oor op die Perito Moreno Gletser

Hierdie uitstappie begin met die vaart oor die Brazo Rico vanaf die Magellan Skiereiland na die oorkantste kus van waar u stap tot by die suidelike punt van die Perito Moreno Gletser.
Hier sal die gidse u bystaan met die gebruik van spesiale toerusting wat dit moontlik maak om op die gletser te loop.
Hierdie is 'n ideale geleentheid om fotos te neem van hierdie vreemde, unieke en asemrowende landskap. Op die pad terug sal u deur 'n woud stap met lenga- en ñire bome.

Die koste per persoon beloop USD160.

Terug boontoe


Ushuaia

Stadstoer

Hierdie uitstappie begin oorkant die hawe en gaan met die Maipú Laan tot binne in die kommersiële sentrum van die stad waar die eerste settelaars se huise gebou is.
Op hierdie uitstappie sal u ook 'n namaaksel van die Ligtoring van die Einde van die Wêreld sien asook die ou tronk.
Na 'n verdere rit op die Gobernador Paz straat kom u by Paseo del Centenario uitkykpunt van waar u die omliggende berge kan aanskou asook die eilande in die Canal del Beagle.
Op die res van die uitstappie sal u onder meer die Saint Christopher skip en La Misión nedersetting sien voordat u by 'n uitkykpunt sal stop waar u 'n heerlike koppie koffie kan geniet terwyl u die natuurskoon bewonder.
Op pad terug word u om die baai geneem om op te eindig op dieselfde punt waar die toer begin het.

Die koste per persoon beloop USD20.

Terug boontoe


Tierra del Fuego Nasionale Park

Die Tierra del Fuego Nasionale Park is in 1969 gestig met die doel om die 63 000Ha antartiese woude suid van die Canal del Beagle te beskerm.
Hierdie woud is anders as ander Andies-Patagoniese woude aangesien hierdie woud baie naby aan die kuslyn is en deur parallelle bergreekse deurkruis word wat hierdie park in valleie opdeel.
Die Lago Fagnano wat in die Stille Oseaan uitmond geniet 'n spesiale status binne in die park.
In die suide van die park is die Lago Roca wat voor die Cóndor en Guanaco Bergpieke geleë is en deur die Lapataia rivier in die Lapataia Baai uitmond. Lapataia beteken beboste baai in die Yamana taal.
Die plantegroei in hierdie area bestaan uit groter boomspesies soos bv. Ñire, Lenga en Guindo.
Daar is ook 'n groot verskeidenheid voël- en dierspesies in hierdie woude te vinde insluitende die Reuse Houtkapper, Cotorra Austral, Albatrosse, Kelp Gaanse en Steamer Eende, rooi en grys jakkalse, Guanacos en See Otters.

Die koste per persoon beloop USD40.

Terug boontoe


Isla de los Lobos & Isla de los Pájaros

Hierdie uitstappie begin in Ushuaia se hawe vanwaar u deur die Ushuaia Baai sal vaar tot by die Canal del Beagle.
Op hierdie uitstappie kan u Ushuaia, Canal del Beagle en die omliggende berge aanskou. U stop ook by die los Lobos en de los Pájaro eilande waar u 'n comorant broeikolonie en ander seevoëls kan besigtig soos bv. eende, seeumeeue en petrels.
Die eindpunt, voordat u terugkeer, is die Les Eclaireurs Lighuis. Op pad terug kan u sommige van die historiese toeristeaantreklikhede en natuurskoon besigtig insluitende die Estancia Túnel.

Die koste per persoon beloop USD 50.

Terug boontoe


Pikkewyn Broeikolonie & LOBOS EILAND

U vaar vanaf die Ushuaia Hawe tot Paso Chico en en van daar tot binne-in die Canal del Beagle met verskeie eilande, indrukwekkende natuurskoon en talle voëlspesies.
Nadat u die los Lobos en de los Pájaros Eilande besoek het gaan u tot by die Les Eclaireurs Lighuis waar die Monte Cervantes in 1930 gesink het.
Oorkant die Estancia Remolino kan u ook die half-gesinkte Sarmiento skip sien wat van 1912 af hier lê.
Ander punte wat u op hierdie uitstappie sal besoek sluit die Puerto Almanza, Isla Martillo, en die Magelaanse pikkewyn broeikolonie by Paso Mackinlay.

Die koste per persoon beloop USD70.

Terug boontoe


Trein van die Eiende van die Wêreld.

Hierdie uitstappie begin by die Plaza Cívica van waar u per bus na die Fin del Mundo stasie 8km wes van die stad geneem word. Van hier af reis u per trein op 'n roete wat daagliks deur gevangenes geloop is.
Op hierdie roete kan u nie net die historiese woude, riviere en valleie aanskou nie maar ook die Macarena Watervalle.
Die laaste gedeelte van die trein se roete gaan deur die Tierra del Fuego Nasionale Park.

Die koste per persoon beloop USD30 maar sluit nie die ingangsfooi tot die Nasionale Park in nie.

Kontak ons gerus indien u meer inligting benodig.

 

Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5