www.getaway.co.za | Features

Translate

Buenos Aires Tango Program:

Buenos Aires Tango Program:

 

Vertrek vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe na Buenos Aires Internasionale Lughawe (EZE), Argentinië.

           

             Onthou:           Paspoort en vliegkaartjies.

Een reistas (20kg) en een item handbagasie (let op voorskrifte).

 

Beplande vliegtyd: +- 8 na 9 ure afhangende van heersende winde. Hou in gedagte dat Buenos Aires se horlosietyd verskil van Suid-Afrikaanse tyd:  -5 ure. Indien die vlug dus 10h00 in die oggend in Julie vanaf Kaapstad vertrek, sal die ooreenstemmende wintertyd in Buenos Aires 04h00 wees en die vlug sal dus +-13h00 deiselfde dag in Buenos Aires arriveer.

 

Winter in Buenos Aires stem ooreen met Kaapstad en wind en reën kan voorkom. Gemiddelde temperatuur is om en by 17 grade Celsius gedurende die dag en warm klere is dus 'n noodsaaklikheid.  Lente en herfs temperature is baie aangenaam en somertemperature kan ook algemeen met Kaapstad vergelyk word.

 

Vlug arriveer in Buenos Aires Internasionale (EZE) Lughawe

 

Na paspoort, bagasie en doeane formaliteite beweeg na die aankomssaal waar 'n gids met 'n naambord u sal ontmoet en vervoer na die hotel sal koördineer.

 

Die hotel is sentraal geleë in Buenos Aires. Die hele middestad kan van hier af verken word en die bekende Florida wandel inkopielaan is ook naby. Dit is wonderlik om in die laatmiddag en aande saam met die porteños,  soos die inwoners van Buenos Aires bekendstaan, vensterkopies te doen en 'n lekker koffie by een van die vele koffiewinkels te drink.

 

Soos in enige ander groot stad is dit altyd raadsaam om nie kameras en juwele te sigbaar te adverteer tydens ekskursies nie.

 

Half dag Klassieke Stadstoer

 

'n Halfdag besigtigingstoer van Buenos Aires. Die stad is 'n kosmopolitaanse paradys en die breë strate en promenades en Italiaanse, Franse en Spaanse boustyle bevestig dit. Honderde koffie-, vrugtewinkels en blommestalletjies  herinner jou aan Parys, Milaan en Madrid.

 

Die toer begin by die historiese Plaza de Mayo (Meiplein) met sy ryk politieke geskiedenis. Die Avenida de Mayo – of Meilaan begin by die plein en het pragtige breë, boomryke sypaadjies vol koffiekroeë en restaurante. Aan die oostekant is die welbekende Casa Rosada, (Pienk Paleis of Regeringshuis) vanwaar Genl. Juan Peron en sy geliefde vrou Evita hulle beroemde toesprake gemaak het. Hierdie straat het net soos die res van die stad pragtige koloniale geboue.

 

Buenos Aires is 'n besige stad met 'n polsende naglewe, maar die skoonheid en rustigheid van grasieuse oop groen parke is nooit ver nie.

 

Die Avenida de Julio met sy twaalf lane en wêreldbekende Obelisk is die sentrum van hierdie metropool. Vanaf die stadsentrum word die ou deel van die stad, San Telmo ook besoek. Die klipstrate en antieke winkels asook welbekende Tango restaurante is 'n moet. Nie veel verder lê La Boca en "Camenito" waar kleurvolle huisies en winkeltjies 'n baie aangename middag verseker.

 

Ry verby die waterfront ontwikkeling in die hawe, Madero na Retiro en Palermo, verby die botaniese tuin, dieretuin en planetarium tot by die gesofistikeerde Ricoleto met sy gewilde restaurante, nagklubs en boutique winkels. Die Ricoleto begraafplaas is ook die laaste rusplek van Evita Peron.

 

Tango vertoning met Aandete

 

Buenos Aires is bekend vir baie interessanthede, maar die mees imposante is seker die Tango.

 

Die algemene siening is dat die Tango dans- en musiekstyl in die 1880's in die agterbuurte van Buenos Aires waar Italiaanse en Spaanse immigrante gewoon het, sy oorsprong gehad het. Kreoolse, Afrika en "gaucho" invloede word ook genoem.

 

Die musiek word beskryf as 'n mengsel van Kubaanse en Spaanse ritme met 'n byvoeging van polka en kreoolse melodie. Die lirieke is moeilik vertaalbaar, maar is poëties en vertel verhale van die mense, plekke en geskiedenis van die Buenos Aires streek.

 

In die 1920's het die Tango verskuif vanaf die bordele en die onderwêreld na die danssale van Buenos Aires en vandaar het dit wêreldwyd na die paleise van Parys en Europa versprei.

 

Hierdie geskiedkundige Tango ervaring kan beleef word in een van die tradisionele sale waar 'n genotvolle aand saam met heerlike Argentynse beesvleis en wyn geniet kan word.

 

Verskeie ander besoeke aan besienswaardighede en ervarings kan in Argentinië en Buenos Aires gereël word.

 

Vertrek vanaf Buenos Aires na Rio de Janeiro in Brasilië

 

Rio de Janeiro Samba Program

 

Ontvangs op lughawe in Rio de Janeiro, Brazil deur 'n gids om na hotel geneem te word.

 

Churasco (Brasiliaanse braai) en Samba Ervaring

 

Besoek een van die bekende churasco restaurante waar tipiese Brasiliaanse braaivleis, en slaaidisse geniet word. Besoek na ete Plataforma 1 vir 'n tradisionele Karnaval Samba vertoning.

 

Christusbeeld en Tijuca Reënwoud

 

Van die twee bekendste landmerke in Rio is die Paõ de Açucar (Sugar Loaf Mountain) en die Christusbeeld op die Corcovado.

 

Die dagtoer kombineer die besoek aan die Christusbeeld met 'n ervaring in die Tijuca Nasionale Park.

 

Die bopunt van Corcovado piek kan of per pad of met die Switserse vervaardigde vernakulêr (tandem toeristetrem) bereik word. Die ratspoor met sy moderne trems neem jou van die stad tot 710m bo seevlak waar die imposante Christusbeeld en uitsig oor Rio de Janeiro jou asem wegslaan. Die uitsig oor die groen heuwels, stad, strande en eilande maak 'n lewenslange indruk.

 

Van hier word toeriste geneem na die Tijuca reënwoud. Die 4x4 voertuie is 'n ideale manier om die park met al sy verskeidenheid te ervaar. Die toer neem toeriste verby die meer, Lagoa de Freitas, Botaniese tuine en die Vista Chinesa.

 

Na die Cascatinha waterval en die Mayrink Kapel word gaste op 'n gemaklike 30 minute wandelroete geneem. Terwyl jy die kleurvolle hangswewers, wat van die berg na die see vlieg, bewonder, wys die gids vir jou die verskeidenheid voëls, plant en dierelewe.

 

 

Verskeie ander besoeke en ervarings kan ook in Brasilië en Rio de Janeiro gereël word.

 

Vertrek vanaf Rio de Janeiro na Buenos Aires Internasionale Lughawe

 

Vertrek vanaf Buenos Aires Internasionale Lughawe na Kaapstad Internasionale Lughawe.

Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5