www.getaway.co.za | Features

Translate

Die Hollandse kinders

Die Hollandse kinders


Die goue reël was nog altyd dat die kinders moet vry wees, om te ontdek en te ervaar wat hulle ook al plesier. Ook vry om kreatief te wees, met min konsiderasie vir ander solank as wat hulle nie in gevaar verkeer nie. Hulle moet leer om so vroeg as moontlik onafhanklik te wees. Hou dit dus in gedagte.
Wanneer jy 'n tipiese Hollandse familie besoek, kan jy maar vergeet om 'n gesprek met die moeder te probeer aanknoop, want die kind gaan aandag vra, of op sy moeder se skoot gaan sit, gedurig besig om vra te vrae of gaan tussen jou en die moeder sit en jou gesigsuitdrukkings na-aap. As die moeder dan sien dat jy wil loop, omdat jy nie behoorlik met haar kan gesels nie, sal sy die kind aanspreek. Dit gebeur selde of ooit dat 'n kind sommer 'n pakslae sal kry. Dit is dus baie belangrik om eers net uit te vind hoe staan die ouers teenoor tug, voordat jy dit gaan toepas. Al gaan jou hande dalk op 'n stadium jeuk om 'n goeie pakslae te gee, moet jy steeds onthou wat die algemene riglyne binne die huishouding is. Tel dus liewer maar tot 10 en jy lig glad nie jou hand nie!!!

Die Hollandse kind is ook gewoond daaraan om te skree, te baklei, in die huis rond te hardloop, oor die meubels te klouter, deure toe te klap ens. net om 'n gesprek verder moeilik te maak.

Daar is 3 dinge wat gebruik word in die proses van kind grootmaak: 'n bal waarmee hy begin speel, nog voordat hy kan loop; 'n fiets is die volgende. Sodra die kind ongeveer 3 jaar oud is, kan hy al op sy eie fietsry. Fietsry is een van die belangrikste dinge vir die Hollan-
ders om te kan doen en hulle is ook baie lief daarvoor; en derdens die kleuterskool. Hulle word kleu-terskool toe gestuur enigiets vanaf 30 maande tot 5 jaar. Ook in hierdie tyd kry die kind sy eerste paar ysskaatse.

Die skooljare wat volg, maak die kind net meer wêreldwys. Die keuse van skole wat daar is, word gemaak op grond van klassieke opvoeding, filosofie en godsdiens. Die klassieke onderwys maak die kind "streetwise"; die opvoeding gegrond op filosofie is vir die avant-garde ouers en die wortels hiervan is geleë in die vryheid van uitdrukking. 'n Christelike skool laat die ouers dan nou toe om hulle kinders apart te laat skoolgaan van die Turke, Morokane ens., met hul Moslemgeloof, sonder om gesien te word as rassiste

Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5