www.getaway.co.za | Features

Translate

Media Lunas in Buenos Aires

Droom Reise:

 

Media Lunas in Buenos Aires

 

Ons almal ken Croissants van Frankryk, Tapas van Spanje en dan die welbekende English Breakfast.

 

As jy egter jouself in Buenos Aires, Argentina bevind leer jy vinnig van 'n baie aangename kleiner, en party maal, soeter weergawe van die croissant naamlik Media Luna.

 

Aangenaam word jy verras as die kelner vir jou, saam met jou koffie, 'n glas lemoensap, 'n glas water en 'n bordjie met twee of drie media lunas neersit. Dit sal jou "desayuno"  (ontbyt) vir die dag wees.

 

Ontbyt in Buenos Aires

 

Die naam se dat dit na 'n halwe maan lyk (media = halwe en luna = maan). Na 'n opwindende en laat aand in die besige Buenos Aires stap jy die oggend na een van die vele oulike koffie restourantjies  om jouself wakker te kry.

 

Ons het nou al na ons terugkeer vanaf Buenos Aires vele oggende met oorgawe vir 'n media luna saam met ons koffie verlang, maar sonder sukses Lyk my nie hierdie Latynse gier het al na ons sonnige land oorgewaai nie.

 

 

Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5